Sunday 9 June 2013

Verhalende skryfstuk

Die storie wat ek nou vir julle gaan vertel, sal klink asof ek die storie heeltemal opmaak, maar julle kan self julle eie voorspellings maak.

9 Februarie 1999, 18:37, Dinsdag aand.
Pappa het vir mamma gebel om te vra of sy nie vir hom by die kantoor kan optel nie. Sy kar gee problem en wil so gou moontlik by die huis kom. Mamma vertel die kinders om hulle nagklere gou aan te trek want hulle moet nou vir pappa gaan haal. Die oudste dogter is heel opgewonde.

Ons kom by pappa se kantoor uit (dis ‘n groot gebou in die Moederstad) en dié dogter vra vir mamma: “Mamma, kan ek opgaan om vir pappa te veras?” “Dis reg my kind. Wees net versigtig met die hyser.”
Die kind hardloop só vinnig in die gebou in, op met die hyser, en kom by die vyfde vloer aan. Sy weet watter nommer is pappa se kantoor en sy weet presies hoe om daar uit te kom.

“Pappa is skielik nie hier nie” dink die kind. Opsoek na haar pa, raak die kind paniekerig. Al die kantore was gesluit, die lig by die hyser wou nie aanskakel nie en die kind was in trane.

Sy het die een deur oopgeskop, ‘n venster gesien en haar intuïsie sê vir haar dat dit haar enigste opsie was. Toe sy by die venster uit was, was sy op ‘n plat dak. Sy het gedink dat sy in ‘n fliek was en toe vir ‘n brandtrap opsoek. Niks nie.

Sy loop tot by die rand van die dak en voor sy kon dink, het die sterk Suid-ooster wind die kind van die dak afgewaai.

Vandag skryf daardie kind dié einste blog opdrag.

Ongelooflik soos dit klink, (selfs vir my) is dit ‘n wonderwerk.

2 comments:

  1. Klink na 'n noue ontkoming!

    Let asb. op die volgende:

    1. Dinsdagaan - een woord
    2. "problem en wil" - probleme en hy wil
    3."Mamma vertel die kinders om hulle nagklere gou aan te trek" - Mamma het vir die kinders gesê om gou hulle nagklere aan te trek...
    4. oudste dogter is opgewonde(moet "was" wees)
    5."veras" - verras
    6.Jy wissel baie tussen verlede en teenwoordige tyd. Kies een en skryf daarin.

    ReplyDelete
  2. Ek het so uitgesien om jou opvoedkundige stuk te lees!! :-(

    ReplyDelete