Friday 21 June 2013

Reflektiewe opstel

Wel, die is my laaste opstel vir hierdie blog.
Ek is nie seker of ek hartseer hieroor is nie, of bly.

Ek kan onthou die dag toe die klas hierdie opdrag gekry het. Ek was opgewonde omdat ek het gedink dat dit nie baie moeite sal vat nie, “want hierdie soorte goed is vir my maklik.”
Dit was nie.
Ek dink die rede hoekom dit vir my nie soveel pret was nie, was miskien dat dit vir punte was. Dit was nie ‘n dagboek inskrywing nie. My lektor lees hierdie opstellings EN my klasmaat. Hierdie is mense wat ek ken.
Weet julle waarvan ek baie hou? TWITTER.
Die rede: dit voel asof niemand na jou luister. Net ‘n see vol onvorrkomende mense. Ek ken nie ‘n enkele siel op daardie sosiale netwerk nie.
Ek is spyt dat ek nie verlede week my opstel geblog nie. Daar was werklik nie tyd nie. Vir my.

Miskien nou dat ek ‘n bietjie meer tyd het, en die feit dat hierdie opstel nie meer vir punte salt el nie, sale k meer blog. J

Hou die spasie dop…

Sunday 9 June 2013

Verhalende skryfstuk

Die storie wat ek nou vir julle gaan vertel, sal klink asof ek die storie heeltemal opmaak, maar julle kan self julle eie voorspellings maak.

9 Februarie 1999, 18:37, Dinsdag aand.
Pappa het vir mamma gebel om te vra of sy nie vir hom by die kantoor kan optel nie. Sy kar gee problem en wil so gou moontlik by die huis kom. Mamma vertel die kinders om hulle nagklere gou aan te trek want hulle moet nou vir pappa gaan haal. Die oudste dogter is heel opgewonde.

Ons kom by pappa se kantoor uit (dis ‘n groot gebou in die Moederstad) en dié dogter vra vir mamma: “Mamma, kan ek opgaan om vir pappa te veras?” “Dis reg my kind. Wees net versigtig met die hyser.”
Die kind hardloop só vinnig in die gebou in, op met die hyser, en kom by die vyfde vloer aan. Sy weet watter nommer is pappa se kantoor en sy weet presies hoe om daar uit te kom.

“Pappa is skielik nie hier nie” dink die kind. Opsoek na haar pa, raak die kind paniekerig. Al die kantore was gesluit, die lig by die hyser wou nie aanskakel nie en die kind was in trane.

Sy het die een deur oopgeskop, ‘n venster gesien en haar intuïsie sê vir haar dat dit haar enigste opsie was. Toe sy by die venster uit was, was sy op ‘n plat dak. Sy het gedink dat sy in ‘n fliek was en toe vir ‘n brandtrap opsoek. Niks nie.

Sy loop tot by die rand van die dak en voor sy kon dink, het die sterk Suid-ooster wind die kind van die dak afgewaai.

Vandag skryf daardie kind dié einste blog opdrag.

Ongelooflik soos dit klink, (selfs vir my) is dit ‘n wonderwerk.

Sunday 2 June 2013

Beskrywende opstel

Die titel van my blog, Kinderlike Ou Mens Goed, spreek vanself.
Volwassenheid wil hê ons moet konstant stres oor die lewe en die volgende dag. Kan ons nie net sit met ons maatjies heeldag speel en die eenvoudige skoonheid waardeer nie?
Vat byvoorbeel die reën. Toe ek 'n kind was, so my ma vir my 'n sagte, warme kombers op die koue, harde, houte vloer in die sitkamer, langsaan die glass skuifdeur sit. Ek sou daar sit vir ure op 'n tyd en storieboeke lees, en kyk hoe die stofreent saggies op die geteëlde stoep val. Die reuk van die petunia blomme was soeter en die reuk van die suurlemoen blare was ekstra "sitrus-y."
Kwellings vir 'n kind is maar nie eintlik kwellings nie. My grootste bekommernis as 'n jong kind was "Watter kleur gaan my toebroodjie blik wees?" of "Moet ek vlegsels of  'n poniestert dra?" Regtig!! Wat het met die lewe gebeur?

Ons het volwasse geword.
Ek is maar net 'n groot mens met onbetaald skoolvons, wat 5-uur in die yskoue oggend moet opstaan en geswelde voete kry van die hele reis staan op 'n trein, en doodlief is vir my beer-van-'n-hond, Max.
Kom ons doen meer kinderlike ou mens goed. J