Sunday 2 June 2013

Beskrywende opstel

Die titel van my blog, Kinderlike Ou Mens Goed, spreek vanself.
Volwassenheid wil hê ons moet konstant stres oor die lewe en die volgende dag. Kan ons nie net sit met ons maatjies heeldag speel en die eenvoudige skoonheid waardeer nie?
Vat byvoorbeel die reën. Toe ek 'n kind was, so my ma vir my 'n sagte, warme kombers op die koue, harde, houte vloer in die sitkamer, langsaan die glass skuifdeur sit. Ek sou daar sit vir ure op 'n tyd en storieboeke lees, en kyk hoe die stofreent saggies op die geteëlde stoep val. Die reuk van die petunia blomme was soeter en die reuk van die suurlemoen blare was ekstra "sitrus-y."
Kwellings vir 'n kind is maar nie eintlik kwellings nie. My grootste bekommernis as 'n jong kind was "Watter kleur gaan my toebroodjie blik wees?" of "Moet ek vlegsels of  'n poniestert dra?" Regtig!! Wat het met die lewe gebeur?

Ons het volwasse geword.
Ek is maar net 'n groot mens met onbetaald skoolvons, wat 5-uur in die yskoue oggend moet opstaan en geswelde voete kry van die hele reis staan op 'n trein, en doodlief is vir my beer-van-'n-hond, Max.
Kom ons doen meer kinderlike ou mens goed. J

2 comments:

  1. Elke keur as ek jou "post" lees voel ek soos 'n kind

    ReplyDelete
  2. jy is reg die lewe is swaar en ons moet tyd wat om kinderlike ou mens goed te doen! :-)

    ReplyDelete